Vrystaat Kunstefees 2025

Welcome to interactive presentation, created with Publuu. Enjoy the reading!

15-19 JUL 2025

Tickets available from

www.webtickets.co.za

Bloemfontein | UFS

R30 / person / day | R100 / person / week

Opgedateer | Updated: 04 / 06 / 2025

Eerstenasie-protokol |

First Nation Protocol

Khoekhoegowab: Vrystaati

di D //khasib !Gâi!gâisens ge

#an!gâs ts !gôasiba Khoe-

San Khoena ra mâ. N khoen

ge //în aboxan !na /gaisa

#goms ts !hû//arede! kho/

gara hâ, nâu khoen !h b din /

khas khami

Afrikaans: Die Vrystaat

Kunstefees erken en

respekteer die Khoe-San

van die Vrystaat en die diep

geestelike verhoudings wat

hulle met hul voorouers,

hierdie land en sy mense het.

English: The Vrystaat Arts

Festival acknowledges and

respects the Khoe-San of

the Free State and the deep

spiritual attachment to their

ancestors and relationships

they have to this country and

its people.

Sesotho: Mokete wa tsa

Bonono Freistata o ananela

le ho hlompha morabe

wa KhoeSan wa Freistata,

le kamano e tebileng ya

semoya eo ba nang le

yona le badimo ba bona

hammoho le dikamano tseo

ba nang le tsona le naha ena

le baahi ba yona.

Teater

Theatre

UIT ONS ARGIEF | FROM OUR ARCHIVE

Volksblad Kunstefees 2004 | Hymne Schleckter

Wenner Plakkaatkompetisie

Annie+Helen

Wanneer Annie Sullivan en Helen Keller mekaar

in 1887 ontmoet, volg ‘n intense, roerende oorlog

tussen twee gebroke mense. Hierdie stryd om

oorlewing ontvou rondom die eetkamertafel en

kopskermutselings in gebaretaal. In ’n wêreld waar

trauma al hoe meer afgewater en alledaags voorkom,

dwing die storie van hierdie twee formidabele vroue

ons om na te dink oor die lesse van trauma en die

veerkragtigheid wat daaruit spruit. As Helen, neem

die jong, fenomenale 13-jarige Judi Hattingh haar

eerste treë op die professionele verhoog.

Drama

Stian Bam, Bianca Flanders, Eldon vd Merwe,

Cintaine Schutte, Judi Hattingh

Hennie van Greunen

Dhania Schultz

Curro Create / Wordsmith’s Theatre

Factory

Pedro Kruger

Afrikaans, Engels PG

PG Geweld

110 min

R200

ATKV-Wynand Mouton-teater

17 Jul 20:30, 18 Jul 09:00, 18 Jul 20:30, 19 Jul 09:30

Bacchus tot Bekker

Is dit moontlik om iemand te vertrou wat nie wyn

drink nie? Miskien … Hoekom sal jy nooit weer ‘n glas

rooiwyn met ‘n muggie in drink nie? In hierdie viering

van die druppels van die druif ontmoet jy Bacchus

wat die nektar mildelik met ons deel. Van Papsak

tot Pinotage, Chardonnay tot Chenin Blanc. Kom lag

saam, pink ‘n traan en drink ‘n glasie wyn. Tjorts! Jy

het haar gehoor, nou kan jy haar sien, Amore sonder

grense.

Eenpersoonvertoning

Amore Bekker

Tobie Cronje

Leftfoot Theatre Productions

Afrikaans

75 min

R220

ATKV-Odeion-ouditorium

17 Jul 17:00, 19 Jul 13:30

Die bruikbare idioot

Dié nuutgeskrewe satiriese klug deur Nico Luwes spot

met die bestuur van die Provincial Organisation for

Entertainment and Heritage Performances (POEHP).

Ter viering van die UV Dramadepartement se 60ste

verjaardag vertolk bekende alumni, personeel en

studente die hoofrolle. Nepotisme, bedrog en ‘n

bruikbare idioot word op lagwekkende wyse ontbloot

– ‘n skaterlag-avontuur getrou aan Luwes se styl!

Klug

Vaneshree Lingham, Kingdom Moshounyene,

Obed de Koker, Angelo Mockie, Peter Taljaard, Pascaline Phale,

Oliver Bonga, Jolene Swartz, Nancy Nkatsela, Rondo Mpiti, Thabang

Matlali, Simone Beatrice v. Wyk, Lenthea Jantjies, Chicco deKoker,

Jefferson Dirks-Korkee

Petrus du Preez

Nico Luwes

Jefferson J. Dirks-Korkee

Nico Luwes, Minette

Grove Reinach

Departement van Sport en Kultuur, Presidential

Employment Stimulus, UV Departement Drama- en Toneelkuns,

National Arts Council

Afrikaans, Engels, Sesotho

10

10 Vooroordeel

130 min

R180

kykNet Albert Wessels-ouditorium

16 Jul 14:00, 18 Jul 13:30, 19 Jul 20:00

Die Koning

en sy Bruid

Dit is die jaar van onse Heer 1745. Die trousseau is

gepak. Deur die hele Kaap de Goede Hoop word

daar bruilof gevier! ’n Huwelik beteken die vereniging

van families. Van plase. Van rykdom. ’n Bruilof

beteken ’n erfgenaam! Daar is die geklink van glase

in afwagting op die huweliksnag. Maar met die

sluit van die slaapkamerdeur en die ooptrek van die

hemelbed, kom boer Willem Aarde en sy beskeie

bruid Amélie Bruére van aangesig tot aangesig met

‘n onvermydelike, bindende en goddelike plig – ’n plig

wat verder strek as net die stroop van klere.

Tragikomedie

Jeanné-Marie Koekemoer,

Heinrich Wentzel, Angelique Filter

Nichola Viviers

Nichola Viviers, Jeanne-Marié Koekemoer

Jairus Fritz,

Heila Hugo

Heila Hugo

Afrikaans

14

14 S O

60 min

R130

kykNet Albert Wessels-ouditorium

15 Jul 13:00, 16 Jul 20:00, 17 Jul 09:30

Die Vrou op die Dak

Die Vrou op die Dak, ‘n splinternuwe teks uit die pen

van Germandt Geldenhuys, word aangebied deur

dieselfde span van die gewilde en uiters suksesvolle

keelVOL. Die Vrou op die Dak het ontstaan toe

Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar oppad na ‘n

keelVOL-vertoning gesels het oor hoe lief ‘n mens vir

jou huis kan word en die vraag gevra het “wat sou jy

doen as iemand môre kom om jou huis by jou weg te

vat?” En so is Die Vrou op die Dak geskep.

Drama, Komedie, Eenpersoonvertoning

Je-ani Swiegelaar

Germandt Geldenhuys

Rehbart Geldenhuys

Afrikaans 14

14 T

80 min

R180

kykNet Albert Wessels-ouditorium

18 Jul 20:00, 19 Jul 09:00

Effens Anders

Aletta Francina de Kock is nog altyd EFFENS ANDERS

... Aletta se splinternuwe stand-up komedie show,

Effens Anders, bied ’n komiese en eerlike blik op

haar huidige lewe – met al die snaakse, aweregse

en downright bizarre dinge wat daarmee saamkom.

Soos altyd bring sy haar skerp humorsin en natuurlike

aanvoeling vir storievertelling, en laat jou skater van

die lag met haar unieke uitkyk op die wêreld. Kom

lag saam en ontmoet die vrou met die mooiste kuite

in die land – want met Aletta is niks ooit heeltemal

normaal nie … dis altyd Effens Anders!

Komedie, Eenpersoonvertoning

Aletta Francina de Kock

Jeandré Charl Hammond

16

16 T

Afrikaans

60 min

R200

Creative Kilowatt Kopanong-ouditorium

16 Jul 20:00

Gebou soos

Steffi Graf

Ná al die vreesaanjaende stories oor Wilgenhof (‘n

koshuis in Stellenbosch) het ek vreeslike goed oor

my tyd in Die Plek probeer onthou, maar ál wat my

geestesoog kon baasraak, was flitse uit fantastiese

partytjies. Die vroeë negentigs was ‘n sorgelose

(gewis naïewe) tyd vir ‘n klomp onhebbelike seuns;

‘n eenvoudige era voor die aanslag van sosiale

media en kragwoorde soos “toksies”, “woke” en

“offensive”. Ons was aspris-onbewus van die wêreld

buite die Bos, alles ín die Bos het vir ons gedraai om

vriendskap, die prys van ‘n bottel Tassies en natuurlik

... bowe alles: Wilgenhof.

Eenpersoonvertoning

Chris Vorster

Chris

Vorster, Marion Holm

Liza & Chris Vorster

Lorenzo Dampies

Thys Heydenrych

Afrikaans

70 min

R190

kykNet Scaena-teater

15 Jul 17:30, 17 Jul 17:00, 18 Jul 20:00, 19 Jul 10:00

‘n Vrystaat Kunstefees produksie,

moontlik gemaak deur NATi 

Hans bars

die bioborrel

Huis Madeliefie word deur die staat se vlak

5-inperking in die gesig gestaar. Hans besef teen dié

virus groei geen kruid nie, en hy kry nie vatplek aan

die drakoniese reëls van die interne bevelsraad nie.

Hans word gesien as leier van dié raad. Altoon Ahlers,

befaamde akteur, neem die leisels oor. Hans se plan

om die inwoners met die verbode vrug se sap aan sy

kant te kry, boemerang sleg. Hy sal Ahlers op ’n ander

manier moet onttroon.

Komedie

Tiaan Slabbert

Èmil Haarhoff, Barend

Mynhardt

Rudie van Rensburg, Wim Vorster

Leftfoot

Theatre Productions

Wesley West

Afrikaans

90 min

R200

Creative Kilowatt Kopanong-ouditorium

16 Jul 11:00, 18 Jul 13:30

Kruispad

of Die legende

van die goue vis

’n Jong paartjie op pad na ‘n partytjie staan gestrand

langs ’n hoofweg en besluit ná ure in die snerpende

koue om skuiling te soek in ’n afgeleë hut in die woud.

Oswald, ’n alleenloper, bied aan die meisie skuiling vir

die nag en glo vas sy is vir hom bestem. Só ontstaan

’n titaniese stryd tussen die mans. Die Estlandse

skrywer Jaan Tätte se magiese sprokie gaan oor die

grense van liefde, verraad en geweld.

Drama, Komedie

Carla Smith, Beer Adriaanse, Edwin van

der Walt, Eben Genis

Marthinus Basson

Jaan Tätte

Philip Theron, Jean De Villiers (assistent), Nicolaas De Jongh

(tegnies)

Afrikaans

90 min

R230

ATKV-Wynand Mouton-teater

16 Jul 20:00, 17 Jul 09:00, 18 Jul 13:00, 19 Jul 20:00

Kry vir jou ’n Tux,

Thomas

Tessa is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie. Sy wéét

vanaand se funksie en die belaglike “Toekenning vir

Lewenslange Bydrae” wat sy kry, is om subtiel te

sê haar tyd is verby. Tessa gaan nie opdaag nie en

die stotterende Thomas het sy hande vol om haar te

oortuig om tog te gaan. Marion Holm en Dean John

Smith speel die verhoog vuurwarm in hierdie stuk oor

seekatte en wat ons doen om okay te wees. – daar is

baie om oor te lag, maar, vir balans, ook heelwat om

oor te huil.

Komedie

Marion Holm, Dean-John Smith

Retief Scholtz

Artist Warehouse

Afrikaans

75 min

R190

kykNet Scaena-teater

16 Jul 09:30, 17 Jul 09:30, 18 Jul 13:30, 19 Jul 17:30

‘n Innibos en Vrystaat Kunstefees

ko-produksie, moontlik gemaak

deur NATi

Magda en haar

Erhard, how Louw

can you go?

Hulle het ’n goeie show beplan, regtig, hulle’t gehoop

om selfs vir ‘n prys genomineer te word. Maar die ou

man vergeet heeltyd sy invalle en arme Magda moet

net vure doodslaan. Eerlikwaar, die begin is bra flou,

maar die middel is darem … oukei-erig. En die einde

sal jou met stof tot nadenke los. Hopelik. Magda en

Erhard gesels oor die kuns van die lewe, die fases

van oudword; die jare wat ons in prentjies kan opsom

en hoe ons met die verfpot in die hand staan. Tot die

kwas opdroog.

Komedie

Desiré Gardner, Hannes van Wyk

Desiré Gardner

Nelius Ferreira

Artist Warehouse

Afrikaans

70 min

R200

ATKV-Wynand Mouton-teater

15 Jul 19:30, 16 Jul 11:00, 18 Jul 17:00, 19 Jul 16:30

Ondersteun deur die Vrystaat

Kunstefees

Marion Monroe

In Marion Holm se nuwe eenvrouvertoning verken

sy die vraag oor identiteit deur haar (skreeusnaakse)

stories oor hoe sy die lewe ervaar. Dit beloof lekkerlag

en net genoeg pitkos om jou aan die dink te sit.

Komedie, Eenpersoonvertoning

Marion Holm

Chris Vorster

Chris Vorster, Marion Holm

Handyminds

12

12

Afrikaans

75 min

R200

ATKV-Wynand Mouton-teater

15 Jul 15:00 , 17 Jul 12:30, 19 Jul 13:30

’n Begin

Dit is die vroeë oggendure in die nadraai van haar

nuwe woonstel se daknatmaak. Hy is die laaste

oorblywende gas. Die woonstel is ‘n gemors en

hulle ook ... David Eldridge se toneelstuk is ‘n intieme

ondersoek na moderne verhoudings, met twee

gebroke mense wat aan die einde van ‘n partytjie

uitreik na mekaar. Dié skerpsinnige stuk – sowel

komies as aangrypend – vra vrae oor wedersydse

eensaamheid, konneksie, menslikheid en intimiteit.

Drama

Cintaine Schutte, Carel Nel

Tinarie van Wyk Loots

David Eldridge

Cintaine Schutte

Nico Scheepers

Lize Marie Wait

Lize Marie Wait 16

Afrikaans

90 min

R180

kykNet Scaena-teater

15 Jul 13:30, 16 Jul 17:00, 17 Jul 13:30; 19 Jul 20:30

’n Toyota Stellenbosch

Woordfees-produksie, ondersteun

deur NATi. Speelvak ondersteun

deur die Vrystaat Kunstefees.

Om Skoon te Wees

Om skoon te wees speel af in ‘n skool se badkamer.

Die stuk ontbloot die intense, rou interaksie tussen

twee skoolseuns, Jaco en Ruben, wanneer hulle hul

persoonlike worstelinge en die emosionele gewig

van hul dade konfronteer. Die badkamerstel verhoog

die rouheid van hul interaksie en skep ‘n gestroopte

ruimte waarin die twee karakters se kwesbaarheid

ontbloot word.

Drama

Conradie van Heerden, Janco Nel

Adriaan Havenga 16 STG

Afrikaans

22 min

R100

Scholtz-saal-badkamer

15 Jul 16:30 & 19:00, 16 Jul 16:30 & 19:00, 17 Jul

16:30 & 19:00, 18 Jul 16:30 & 19:00, 19 Jul 16:30 & 19:00

Proudly supported by First

National Bank (FNB)

Prooi/Prey

Prooi/Prey is an immersive theatre experience

where the audience is taken on a journey through

the operations of a syndicate. On arrival at the

performance location the audience is split into

two groups. Both groups experience three stories

simultaneously on a rotational basis. The work

includes the story of a young girl who immigrated

and is targeted for sex trafficking, an older boy who

will be sold for his organs, and the kingpin behind the

syndicate.

Drama

Sue Diepeveen, Ignatius van Heerden,

Penny Wolhuter, Ryan Rossouw

Johann Smith,

Henque Heymans 16 SNVL

Afrikaans, English

90 min

R200

Audio Visual Media HUB

17 Jul 12:00, 18 Jul 17:00, 19 Jul 17:00

Niemand het ‘n gemaklike verhouding met hul pa nie.

Rescue Remedy is ‘n moffiekind se snaakse, tragiese

poging om hul pappa halfpad te ontmoet. Letterlik,

op die N2 snelweg. Bekende hoogtepunte van ‘n

plofbare verhouding beeld die liefde, misverstand, en

woede tussen pa en kind uit, waaroor mens agterna

kan lag. Rescue Remedy skyn ‘n kollig op queer

mense in kontemporêre Suid-Afrika, die trauma van

‘n soldaat en geestesgesondheid. Kan pappa en kind

hul ego’s eenkant skuif? Dalk is daar nog hoop. Liefde

is rede genoeg om aan te hou praat.

Drama, Komedie, Eenpersoonvertoning

Roland du Preez

Tailyn Ramsamy

Afrikaans, English

58 min

R120

Kunstetrust Repteater

15 Jul 20:00, 16 Jul 20:30, 19 Jul 18:00

Rescue Remedy

Ondersteun deur NATi, speelvak

ondersteun deur die Vrystaat

Kunstefees

Die storie van Seun, Dana Snyman se memoir, is

nie ‘n storie wat nie vertel moet word nie. Menige

mense is geraak deur die politiese bewegings in die

80’s. Nie almal het saamgestem nie, maar hierdie is

‘n universele storie oor die liefde tussen ‘n pa en ‘n

seun. Die produksie toon dat niemand alleen is nie,

almal is bang en deurmekaar oor mense se gedrag.

Baie mans was of is geestelik verwond deur gebeure

in die weermag en dit het ‘n impak op almal om hulle

gehad.

Drama

Wilhelm van der Walt

Nico Scheepers

Dana Snyman

Johann Smith

Leftfoot Theatre Productions

Afrikaans

90 min

R200

kykNet Scaena-teater

15 Jul 09:30, 16 Jul 13:30, 17 Jul 20:00, 18 Jul 10:00

Seun

Innibos Nasionale Kunstefees in

samewerking met NATi

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150 151 152 153 154 155 156 157 158 159 160 161 162 163 164 165 166 167 168 169 170 171 172 173 174 175 176 177 178 179 180 181 182 183 184 185 186 187 188 189 190 191 192 193 194 195 196 197 198 199 200 201 202 203 204 205 206 207 208 209 210 211 212 213 214 215 216 217 218 219 220 221 222 223 224 225 226 227 228 229 230 231 232 233 234 235 236 237 238 239 240 241 242 243 244 245 246 247 248 249 250 251

Made with Publuu - flipbook maker